‘Zuma se toekoms sal nie by ANC-NUK bespreek word nie’

ANC-NUK (Foto: ANA)

Die ANC sal nie pres. Jacob Zuma se herroeping as die president van die land bespreek nie, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die party, gesê.

Magashule het dit bevestig by die aanvang van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se vergadering by die konvensiesentrum in Oos-Londen. Daar was gerugte dat Zuma se toekoms ʼn groot deel sal vorm van die gesprekke terwyl die party sy eenheid en openbare beeld probeer herstel.

Zuma se presidentskap het tot verdeling en faksies in die party gelei te midde van bewerings van grootskaalse korrupsie.

Ronald Lamola, lid van die ANC-NUK, het Sondag gesê Zuma se toekoms sal tydens die vergadering bespreek word.

Op ʼn vraag oor die kwessie van twee magsentra met Zuma as staatshoof en Cyril Ramaphosa wat onlangs as die nuwe president van die party verkies is, het Magashule gesê daar is nie twee magsentra nie, aangesien die ANC die enigste magsentrum is. Hy het gesê gesprekke duur voort tussen Zuma en Ramaphosa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PJC ·

Ace Magashule sal seker sy uiterste bes doen om sy vriend JZ te beskerm want sou hy uit sy amp verwyder word kan daar dalk ń ondersoek kom en mag sy vriende se name dalk ook opduik.

LR ·

Zuma sal NIKS oorkom nie. CR is n wolf in skaapsklere. Word wakker.

FM ·

n Mens kan nie n woord glo wat hierdie ace sê nie. Hy is glad met sy mond en sal sy zupta chommies verdedig. Gelukkig sal die waarheid hom inhaal en die net sal al stywer om zuma span. Mark my words!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.