SAFTA-wenners aangewys

Die sewende Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA) is Saterdagaand tydens ‘n glansgeleentheid by Gallagher Estate in Midrand, Johannesburg, uitgedeel.

Sterre soos Chris Chameleon en Black Coffee het die gehoor vermaak en Hollywood-akteur, Samuel L. Jackson het ook ‘n vlugtige verskyning gemaak. Ontwerpersklere en flitsende kameras was oral op die rooitapyt te sien. Komediant Nik Rabinowitz en die aktrise Connie Ferguson was die gashere.

Jackson het die toekennings vir beste akteur en aktrise in ‘n rolprent oorhandig. Hy is tans in Suid-Afrika om sy jongste rolprent, Kite, te verfilm.

Erfsondes het talle nominasies ontvang, insluitend as beste TV-dramareeks. Peter Heaney het ook ‘n nominasie ontvang as beste regisseur vir Erfsondes in die TV-dramareeks-kategorie. Emmanuel Castis as Chris en Jacques Bessenger het beide nominasies ontvang as beste akteur in ‘n TV-dramareeks. Terence Bridgett het op sy beurt die nominasie ontvang vir beste akteur in ‘n ondersteunende rol en Jana Strydom het ook ‘n nominasie ontvang in die kategorie beste aktrise as Kate in Erfsondes.

Henry Mylne het ‘n nominasie ontvang as beste regisseur vir ‘n TV-sepie vir sy werk in 7de Laan. Die skryfspan van 7de Laan het ook ‘n nominasie ontvang. 7de Laan het uiteindelik met die beste sepie-toekenning weggestap. Dié toekenning is deur die publiek aangewys.

Katinka Heyns is genomineer as beste regisseur van ‘n rolprent vir Die Wonderwerker. Die Wonderwerker het ‘n hele paar ander nominasies ontvang, insluitend Dawid Minnaar as beste akteur vir sy rol as Eugène; Marius Weyers as beste akteur in ‘n ondersteunende rol; Elize Cawood as beste aktrise vir haar rol as Maria; en Anneke Weidemann as beste aktrise in ‘n ondersteunende rol as Jane in Die Wonderwerker. Barry Donnelly het ook ‘n nominasie ontvang vir sy klankontwerp vir Die Wonderwerker en die rolprent het ook ‘n nominasie ontvang as beste rolprent. Chris Barnard het die toekenning ontvang vir beste skryfspan vir Die Wonderwerker.

Semi-Soet se Nico Panagio is genomineer as beste akteur in ‘n rolprent en Louw Venter het vir sy rol as Hertjie in Semi-Soet ‘n nominasie ontvang as beste akteur in ‘n ondersteunende rol. Francois Coetzee is op sy beurt benoem vir beste produksieontwerp van ‘n rolprent, en Orangotang Music en Michael Bester is benoem vir beste musiekkomposisie. Nerine Pienaar is vir kostuumontwerp benoem, en Theola Booyens vir beste grimering/haarstilering. Jim Petrak het die nominasie ontvang vir beste klankontwerp vir Semi-Soet. Semi-Soet het ook ‘n nominasie ontvang as beste rolprent.

Bathoni Robinson het die nominasie ontvang vir beste produksieontwerp vir sy werk in Pretville. Nerine Pienaar het op haar beurt, buiten die nominasie vir Semi-Soet, ook die nominasie ontvang vir beste kostuumontwerp vir Pretville. Charlie Runge en Lee-Anne Nourse het die nominasie ontvang vir beste grimering/haarstilering vir Pretville.

Roer deur Homebrew Films en Jou Show met Emo en Wicus ook deur Homebrew Films is genomineer in die kategorie beste leefstylprogram.

Noot vir Noot (Seisoen 35) deur Stemmburg Televisie het ‘n nominasie ontvang as beste speletjiesprogram.

Hier volg die wenners:

Beste TV-dramareeks: 4Play: Sex Tips for Girls (eTV)
Beste regisseur vir ‘n TV-dramareeks: Amanda Lane vir 4Play: Sex Tips for Girls (eTV)
Beste akteur in ‘n TV-dramareeks: Mothusi Magano vir 90 Plein Street (SABC 2)
Beste akteur in ‘n ondersteunende rol in ‘n TV-dramareeks: Pallance Dladla vir 4Play: Sex Tips for Girls (eTV)
Beste aktrise in ‘n TV-dramareeks: Tiffany Jones Barbuzano vir 4Play: Sex Tips for Girls (eTV)
Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol in ‘n TV-dramareeks: Nazlie George vir 90 Plein Street (SABC 2)
Beste skryfspan vir ‘n TV-dramareeks: 4Play: Sex Tips for Girls (eTV)
Beste regisseur van ‘n TV-sepie: The Wild Directing Team – The Wild (M-Net)
Beste akteur in ‘n TV-sepie: Kevin Smith as Frank Xavier in Isidingo (SABC 3)
Beste aktrise in ‘n TV-sepie: Louise Barnes as Donna in Scandal! (eTV)
Beste ensemble in ‘n TV-sepie: Rhythm City (eTV)
Beste skryfspan vir ‘n TV-sepie: Scandal!-skryfspan
Beste akteur in ‘n TV-komedie: Leroy Gopal as Oleshe in Ses’Top La (SABC 1)
Beste aktrise in ‘n TV-komedie: Salamina Mosese as Ella in Abo Mzala (SABC 2)
Beste ensemble in ‘n TV-komedie: ZA News (SABC 3)
Beste regisseur in ‘n kort dokumentêr: Carte Blanche-regiespan vir Carte Blanche: Aurora Liquid (M-Net)
Beste regisseur vir ‘n dokumentêr: Mickey Dube vir Sobukwe: A great soul (SABC 1)
Beste dokumentêr: A great soul (SABC 1)
Beste kort dokumentêr: Carte Blanche: Aurora Liquid (M-Net)
Beste regisseur vir ‘n rolprent: Craig Freimond vir Material
Beste akteur in ‘n rolprent: Riaad Moosa in Material
Beste akteur in ‘n ondersteunende rol in ‘n rolprent: Vincent Ebrahim in Material
Beste aktrise in ‘n rolprent: Lindiwe Ndlovu in Little One
Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol in ‘n rolprent: Matshepo Maleme in A Million Colours
Beste skryfspan vir ‘n rolprent: Chris Barnard vir Die Wonderwerker
Beste rolprent: Material
Beste jeug- en kinderprogram: Challenge SOS
Beste feitelike opvoeding- en vermaakprogram: Sobukwe: A Great Soul (SABC 1)
Beste nuus- en aktualiteitsprogram: Crimes Uncovered SA (M-Net)
Beste joernaalprogram: The Edition (eTV-nuuskanaal)
Beste leefstylprogram: Cooking with Siba (Mzansi Magic)
Beste musiekprogram: Afro Café (SABC 2)
Beste gespreksprogram: Motsako (SABC 2)
Beste realiteitsprogram: Culture Shock (Mzansi Magic)
Beste speletjiesprogram: Jam Alley Crew versus Crew (SABC 1)
Beste internasionaleformaat-program: Come Dine with Me (BBC SA)
Beste studenterolprent: Die Windpomp
Beste kort rolprent: Umkhongo
Beste animasie: Adventures in Zambezia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.