SAKP: Mantashe bedank as voorsitter

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het Donderdag aangekondig dat hy uit dié pos gaan bedank.

Mantashe voer aan dat dit te moeilik is om die amp sowel as dié van sekretaris-generaal van die ANC te beklee, berig EWN. Mantashe het vandag amptelik die party se verrigtinge in Richardsbaai, KwaZulu-Natal geopen. Hy sê die besluit is bloot weens praktiese redes. “Dit is net onmoontlik. Dit is ‘n gemors. Vir ‘n persoon om nie as voorsitter by ‘n party te kan optree nie, is ‘n onreg aan daardie party,” het hy gesê.

Hy het ook ‘n waarskuwing vir die afgevaardigdes: “Ons moet die versoeking weerstaan om na Mangaung toe te gaan as kommuniste, asof daar geen ANC bestaan nie.”

Mantashe se uitlatings blyk ‘n bevestiging te wees dat hy in sy amp as sekretaris-generaal van die ANC sal aanbly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.