SANParke se ereveldwagters maak ʼn verskil

Passie en ʼn liefde vir die natuur is die dryfkrag agter SANParke se ereveldwagters wat vanjaar reeds meer as 313 000 uur van hul eie tyd opgeoffer het om ʼn verskil in die land se nasionale parke te maak.

Die eerste ereveldwagters is reeds sedert 1902 aktief in die Krugerwildtuin betrokke waar hulle die voltydse veldwagters gehelp het met van hul werkslading. In 1964 is die SANParke-ereveldwagters as ʼn organisasie sonder winsbejag geregistreer.

Vandag is meer as 2 000 SANParke-ereveldwagters, almal vrywilligers, in 31 streke en by 19 nasionale parke oor die hele Suid-Afrika betrokke. Die SANParke-ereveldwagters het die afgelope 10 jaar reeds meer as R248,6 miljoen in openbare skenkings en vrywillige ondersteuning aan SANParke verskaf.

Maroela Media het met twee SANParke-ereveldwagters gesels oor hul passie vir die natuur en die vrywilligerswerk wat hulle doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.