Drie mense is dood nadat twee vliegtuie Vrydag in die lug bo Carletonville aan die Wes-Rand gebots het.
Lees meerAlles vir Vrydag 29 Desember 2023
Polisie kry gesteelde vuurwapens terug
Die polisie in Limpopo het ʼn deurbraak gemaak toe hulle vuurwapens en ammunisie, wat tydens ʼn inbraak by die Polokwane Veefdiefstaleenheid se kantore gesteel is, terug gevind het.
Kirsten Kluyts: Beskuldigde ʼn ‘gevaar vir vroue’
Kirsten Kluyts se vermeende moordenaar is ʼn gevaar vir vroue in die samelewing en hy het nie buitengewone omstandighede bewys om sy vrylating op borgtog te regverdig nie.
Ál meer steel by die werk
Werknemerbedrog het ʼn verwoestende uitwerking op Suid-Afrikaanse maatskappye. Só kan ondernemings dit hokslaan.
Omvang van Kaapse brande ‘verbystererend’
Die omvang van brande in die Wes-Kaap oor die Kerstyd was verbysterend met veral veldbrande wat onverpoosd gewoed het.
Resensie: Trompoppies afgemaai in ‘smulpaap-lekker’ Afrikaanse reeks
Marion Holm, wat groter en wreder met die tong is as meninge draak in ʼn sepie, swaai die septer, en wil sorg dat die trompoppies die beste in daardie spesifieke skool vaar.
2024: Wipwaentjierit wag, maar daar is ook goeie nuus
2023 was dalk nie die beste jaar vir verbruikers nie, maar daar is hoop vir volgende jaar, meen kenners.
Luister: Raad vir angstige gr. 1-ouers
“Tel jou kind op jou skoot, lees ʼn lekker storieboek. Moenie jou kind probeer klanke leer nie – dit is Juffrou se werk. Maak hulle net lus om te wil leer lees.”
Beurtkrag nog langer opgeskort
“Eskom sal die kragstelsel fyn dophou en verbruikers inlig indien enige beduidende veranderinge plaasvind.”
Nog ʼn staat verbied Trump se naam op 2024-stembrief
Howe in Minnesota en Michigan het ook onlangs beslis dat Trump se naam in daardie state op die stembrief moet bly. Nog ʼn uitspraak word binnekort in Oregon verwag.
Skadevergoeding vir Bloem-ouers tien jaar ná baba in hospitaal sterf
Meer as ʼn dekade nadat ʼn ouerpaar van die Vrystaat hul pasgebore eerstelingseuntjie verloor het, moet die departement van gesondheid nou skadevergoeding van miljoene rande aan hulle betaal.
SA se duurste dubbelkajuite
Deesdae kry mens dubbelkajuitbakkies wat hul man kan staan teen die luuksste sportnutsvoertuie in die bedryf.
Laat jou kos só langer vars bly
Miljoene rande se voedselprodukte beland jaarliks op die ashoop, aangesien mense wêreldwyd nie weet hoe om hulle kos behoorlik te stoor sodat dit vars kan bly totdat dit verbruik word nie.
Vlieëniersfout glo oorsaak van ongeluk wat 72 eis
Die ondersoekkommissie het Vrydag sy bevindinge bekend gemaak ná ʼn maande lange ondersoek na die land se ergste lugvaartramp in drie dekades.
Klein dorpies, gróót belegging
Die waarde van eiendom in verskeie klein dorpies het die afgelope dekade amper verdubbel. Hier is die gewildste – en duurste – klein dorpies in Suid-Afrika.
Joernalis borgtog geweier na fotonemery
ʼn Vryskutjoernalis van Limpopo is in hegtenis geneem en borgtog geweier tydens sy hofverskyning nadat hy glo net foto’s van ʼn burgemeester se huis geneem het.
SANParke se ereveldwagters maak ʼn verskil
Of jy nou goed daarmee is om geld in te samel, in die bos te wees om strikke te verwyder of om met toeriste te werk, daar is ʼn plekkie vir jou by die SANParke-ereveldwagters.
Borgtogaansoek hervat ná moord op onderwyser
Daar is vroeër onthul dat Kirsten Kluyts 14 weke swanger was ten tyde van haar dood.
Tienerseun sterf in haai-aanval in Australië
“Hy was ʼn gelukkige, vriendelike en respekvolle kind, baie geliefd onder sy branderplankrymaats en hy sal baie gemis word in ons gemeenskap en op die water.”
Gedagte vir die dag: Hoe lyk jou hemelse batelys?
“Om gelukkig te wees, moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe” (Psalm 111:10).