Luister: Raad vir angstige gr. 1-ouers

Foto ter illustrasie. (Foto: Michał Parzuchowski/Unsplash)

Lees en gr. 1 hoef ouers nimmer as te nooit angstig te maak nie.

Dít is die raad wat Christien Neser, spraakterapeut en jeugromanskrywer, vir senuweeagtige ouers het. In die derde aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor lees, gesels Christien oor leesgewoontes vir gr. 1-leerders, en hoe ouers dié belangrike skooljaar moet aanpak.

Die laaste ding wat Christien wil hê ouers moet doen, is om hul kinders toe te gooi onder die boeke tydens die Desembervakansie voordat hul gr. 1-jaar afskop.

“Dink aan die metafoor van ʼn mango of ʼn avokado: Hy lê daar in die bak en hy is groen; hy is nog nie gereed om te eet nie. Jy kan elke dag aan hom druk; jy gaan hom vol kneuse druk, maar hy gaan nog nie reg wees om te eet nie,” verduidelik Christien in Maroela Media se ateljee.

“Dit is dieselfde met ʼn kleintjie. Die meeste kleintjies word spontaan gereed om te begin lees deur alles wat jy as ouer ingesit het vandat hulle ʼn baba was. Van hul speelskool tot hul kleuterskool. Die beste ding wat jy vir jou kind kan doen, is wat ons noem ‘skoottyd’.

“Tel jou kind op jou skoot, lees ʼn lekker storieboek. Moenie jou kind probeer klanke leer nie – dit is Juffrou se werk. Maak hulle net lus om te wil leer lees.”

  • Luister boaan die artikel na die volledige episode.
  • Skakel volgende week in vir die volgende aflewering in die reeks. Ons gesels met Christien oor hoeveel kinders behoort te lees.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.