SA se duurste dubbelkajuite  

Bakkies is stapelvoedsel in Suid-Afrika, soos braai, biltong, Bokke en brandewyn. Verkieslik nie almal saam nie. Die eerlike bakkies van my kleintyd soos ʼn Nissan 1400 is deel van die verlede. Deesdae kry mens dubbelkajuitbakkies wat hul man kan staan teen die luuksste sportnutsvoertuie in die bedryf.

Kom ons kyk na die duurstes:

 Isuzu D-Max AT35 3.0 TD 4×4Ford Ranger 3.0 V6 EcoBoost Raptor 4WDVolkswagen Amarok 3.0TDI V6 Aventura 4MotionJeep Gladiator 3.6 RubiconIneos Grenadier 3.0 TD Quarter-master
Krag140 kW/450 Nm292 kW/583 Nm184 kW/600 Nm209 kW/347 Nm183 kW/550 Nm
Brandstof-

verbruik

8,5 ℓ/100 km11,5 ℓ/100 km8,5 ℓ/100 km12,4 ℓ/100 km9,3 ℓ/100 km
Ewenaarslotte23233
Waad-diepte865 mm850 mm800 mm800 mm800 mm
Sleepkapasiteit3 500 kg2 500 kg3 500 kg2 721 kg3 500 kg
Waarborg en diensplan5 jaar/ 120 000 km waarborg

5 jaar/ 90 000 km diensplan

4 jaar/ 120 000 km waarborg

Diensplan opsioneel

4 jaar/ 120 000 km waarborg

5 jaar/ 100 000 km omvattende instand-houdingsplan

5 jaar/ 100 000 km waarborg

3 jaar/ 100 000 km omvattende instand-houdingsplan

5 jaar/ 100 000 km waarborg

Diensplan opsioneel

PrysR1 159 900R1 184 100R1 184 200R1 329 900R1 717 100

Die bakkies is almal hul onderskeie handelsmerke se vlagskipmodelle in die dubbelkajuitsegment. Almal kos meer as R1 miljoen, en die Ineos byna R2 miljoen, maar dié is gespesialiseerde gereedskap.

Die Isuzu is ʼn hardebaard-Arctic Truck met swaardiensvering en enorme wiele. Dit is ook die enigste viersilinderturbodiesel tussen dié mededingers.

Ford se Raptor het geen bekendstelling nodig nie – die warmste renbakkie van die lot. Byna 300 kW en ʼn brulgeluid uit die uitlaatpyp wat die hoendervleis oor ʼn mens se rug laat spoel. Daar is geen voertuig wat ʼn grondpad kan aandurf soos ʼn Raptor nie. Sy derde ewenaarslot voor maak die Raptor onstuitbaar op ʼn hindernisbaan.

Volkswagen se Amarok Aventura is ʼn pragtige bakkie. Die V6-diesel bied ʼn lekker golf wringkrag en die bougehalte is uit die boonste gestoeltes.

Jeep se Gladiator is ʼn prima speelding. Die enigste een tussen die klomp met ʼn swaaistang op die voorste as wat kan ontkoppel. Almal kerm oor hy swaar is op brandstof – maar in die werklikheid is hy nie só wild nie – beslis beter as die Raptor. Hy kan ook sy klere uittrek en sonder deure of dak in die modder gaan speel.

Die Quartermaster gaan uiters gewild wees in Suid-Afrika by diegene wat genoeg geld het. ʼn Doelgerigte ontwerp, puik binneruim met Recaro-sitplekke, BMW-enjin en -ratkas, Magna ewenaars – man, net die beste onderdele van spesialiste in hul veld.

Vroeg volgende jaar voeg ons ook die Land Cruiser-dubbelkajuit met ʼn 2,8 diesel en outokas by die lys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.