Beurtkrag nog langer opgeskort

(Argieffoto: Salam Habash/Unsplash)

Eskom het aangekondig dat beurtkrag vir nog ʼn week lank opgeskort sal bly en dat daar dus geen beurtkrag op Oujaarsaand of Nuwejaarsdag sal wees nie.

Volgens die kragvoorsiener is dit danksy ʼn volgehoue verbetering in beskikbare opwekkingskapasiteit en sal beurtkrag tot minstens 16:00 op Vrydag 5 Januarie opgeskort bly.

“Eskom sal die kragstelsel fyn dophou en verbruikers inlig indien enige beduidende veranderinge plaasvind.”

Beurtkrag is op Donderdag 14 Desember opgeskort. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het vroeër gesê Eskom se vermeerderde kapasiteit kan toegeskryf word aan groot ondernemings en fabrieke wat vir die feestyd gesluit het.

Daar was meer as 6 700 uur beurtkrag vanjaar. In 2022, die vorige rekordjaar, was daar altesaam 3 757 uur beurtkrag. Fase 4-beurtkrag is tot dusver vanjaar die meeste toegepas (80 dae), gevolg deur fase 3 (74 dae) en fase 6 (45 dae).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.