Gedagte vir die dag: Hoe lyk jou hemelse batelys?

(Foto: Josh Felise/Unsplash.)

“Om gelukkig te wees, moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim van die lewe” (Psalm 111:10).

Skrifgedeelte
Psalm 111:10

Oordenking
Dit moet absoluut wonderlik wees om eendag in die arms van ons Verlosser in te stap. Tog, dink ek, die meeste van ons wonder ook maar of ons nie dalk met leë hande by Hom sal opdaag nie. As ons ons besittings, prestasies en dit wat ons ons lewe lank gedoen het, hier agterlaat, bly daar dalk nie veel oor wat ons saamneem nie. So, aan die einde van die jaar kan ons gerus bestekopname doen van ons hemelse bates en vir onsself afvra:

  • Watter persentasie van my tyd het ek aan sy voete gesit en sy wysheid en liefde ingedrink?
  • Hoeveel van myself – my eie tyd en belange – het ek prysgegee om daardie kosbare tye by Hom deur te bring? Of was die doenlysie-dinge in my lewe altyd belangriker as ons saamweestyd?
  • Hoeveel van die wysheid in sy Woord het ek my eie gemaak? Het ek my lewe daarvolgens aangepas, my eie wil prysgegee om sy wil te volg?
  • Hoe gehoorsaam was ek aan sy opdrag van die liefde? Het ek genoeg liefde aan Hom, myself en ander uitgedeel?

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.