Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het teruggekap en sê motoriste sal nie verplig word om e-skyfies te koop om op Gautengse paaie te reis nie.
“Sanral wil dit duidelik maak dat dit nie verpligtend is vir motoriste om ʼn e-skyfie te koop vir die Gautengse tolstelsel nie.” Sanral sê motoriste word aangemoedig om e-skyfies te koop aangesien hul dan vir afslag en ander voordele in aanmerking kom. Daar is vroeër berig dat Sanral konsep regulasies uitgereik het waarvolgens dit verpligtend sal wees om ‘n e-skyfie te kry en die regering die reg sal gee om jou bestuurslisensie te verwyder en om jou motor te skut. Die konsepveranderinge aan die regulasies op die Wet op Nasionale Paaie verlede week is glo verlede week aan ʼn paar partye gestuur, maar is nog nie wyd gepubliseer nie. Daar is versoek dat kommentaar binne 20 dae van publikasie ontvang moet word. Indien dit goedgekeur word, sal vredesbeamptes motors mag aftrek en aandring om ‘n rybewys te sien, sowel as enige skyfie of dokumente wat motoriste veronderstel is om by hulle te hê.
Die wysigings kan hier afgelaai word.
Kommentaar hieroor kan gerig word aan:
Mnr Trevor Mphahlele
E-pos: [email protected]
Tel: 012 309 3481
Faks: 012 309 3134
Die departement van vervoer
Privaatsak X 193
PRETORIA
0002
Ek kry Mnr Trevor Mphahlele (en sy e-pos-bediener) so bietjie jammer…
Sober ek weet is ons net verpligtend om Asem te haal en blasting te betaal.