Sekuriteitswag val in hysbakskag af

ʼn Sekuriteitswag is ernstig beseer nadat hy vroeg Saterdagoggend by die verlate Kemptonpark-hospitaal drie verdiepings ver in ʼn hysbakskag afgeval het.

Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 is die oorsaak van die ongeluk en die gebeure wat dit voorafgegaan het, nog nie bekend nie. Dit blyk dat die sekuriteitswag jongmense gejaag het wat by die leë hospitaal ingebreek het, en dat hy tydens dié jaagtog in die skag afgeval het. Paramedici van Netcare911 het by die toneel opgedaag en kon die hysbakdeure op die grondvloer oopforseer. Die man was in ʼn ernstige toestand en het erge beserings aan sy gesig opgedoen insluitend veelvoudige frakture. Hy is op die toneel behandel en stabiliseer en is per hospitaal na ʼn privaathospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.