EWN berig dat die ondersoekbeampte, Andrew Leask, en nog drie polisiebeamptes buite die tronk op Selebi gewag het. Selebi is in ʼn ambulans na die tronk se mediese fasiliteit vervoer, deur ʼn kantingang. Volgens berigte is Selebi in ʼn rolstoel na die ambulans vervoer toe hy die Jakaranda-hospitaal verlaat het. Selebi het Vrydagmiddag by sy huis in Pretoria inmekaargesak en is na die Jakaranda-hospitaal vervoer. Die hoogste hof van appèl in Bloemfontein het Vrydag Selebi se appèlaansoek om sy 15 jaar vonnis vir korrupsie ter syde te stel, van die hand gewys.
Selebi tronk toe gevat
Die voormalige nasionale polisiehoof, Jackie Selebi, het Maandagmiddag per ambulans by die Pretoria Sentraal gevangenis aangekom.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.