Ses jong mans is beseer nadat hulle Donderdag laatmiddag deur weerlig in Beyers Naudeweg in Honeydew, Johannesburg, getref is.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het een van die mans in ʼn kritieke toestand aangetref, die ander vyf was in ʼn ernstige toestand.
“Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.