Prins William en prins Harry het Vrydag by ʼn reddingspoging aangesluit om vloedslagoffers te help. Die twee broers help soldate om sandsakke, naby aan hul ouma se woonhuis by Windsor-kasteel, af te laai.
Lees meerAlles vir Vrydag 14 Februarie 2014
Video: Uit die hemel tot in ‘n varkhok
ʼn Videokamera wat uit ʼn valskermspringvliegtuig geval het, is agt maande later in ʼn varkhok opgespoor.
Valke trek polisiebeamptes vas vir beweerde korrupsie
Drie polisiebeamptes is Donderdag in die Vrystaat deur die Valke se anti-korrupsie-eenheid in hegtenis geneem.
Staatsrede: “Zuma het te veel gejok” – EFF
Die EFF het Vrydag gesê president Jacob Zuma se staatsrede was “vol leuens” en hy het aanspraak gemaak op “maklike oorwinnings”.
Padwoedeaanval: Man vas wat glo motorfietsryer doodskiet
ʼn Motoris wat glo die motorfietsryer Douglas Pearce Vrydag tydens ʼn padwoedeaanval in Johannesburg doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.
Foto’s: Rugbyspeler se romantiesste Valentynsdag
Willie du Plessis, ʼn rugbyspeler vir die Leeus, het Vrydag ʼn span graad 1s ingespan om sy meisie om haar hand te vra.
Heldhaftige bejaarde karwag van Oos-Rand sterf
Die 69-jarige motorwag wat geskiet is toe hy en sy 40-jarige dogter rowers verhoed het om geld voor ʼn bank in Brakpan te steel, het aan sy beserings beswyk.
Foto’s: Modes op die rooitapyt by 2014 se staatsrede
Die rooitapyt is Donderdag uitgerol vir pres. Jacob Zuma se staatsrede by die parlement in Kaapstad. Lede van die parlement, kabinetministers, afgevaardigdes en genooide gaste het swierig vir die geleentheid opgetooi.
Graskop-gemeenskap hou optog teen swak munisipale bestuur
Die gemeenskap van Graskop het vandag tydens ’n optog na die Thaba Chweu Munisipaliteit ʼn memorandum oorhandig waarin hulle onder meer beter dienste en die afdanking van die eenheidsbestuurder versoek.
Geestelik versteurde pa slaan seun met krieketkolf dood
Die polisie van die dorp Tyabb in Australië het Vrydag bevestig dat ʼn pa wat sy 11-jarige seun tydens ʼn krieketoefening voor omstanders, waaronder kinders, met ʼn krieketkolf doodgeslaan het, al weke gelede in hegtenis geneem moes word en dat die man aan ʼn geestelike versteuring ly.
Duitse nagklub ontruim toe vrou pepersproei vir deodorant aansien
‘n Nagklub in Wurtzburg, Duitsland, moes ontruim word toe ‘n vroulike besoeker in die kleedkamer ‘n kannetjie pepersproei vir deodorant aangesien het, en op haarself gespuit het.
Toyota se wenner – nou ook mooier
Het jy geweet dat twee splinternuwe Corolla’s elke minuut van elke liewe dag iewers in die wêreld uit een van Toyota se fabrieke ry?
Vulkaan bars uit met luide knal – duisende op vlug
‘n Indonesiese vulkaan op die eiland Java het Donderdag met ‘n luide knal uitgebars en as en rotse tot drie kilometer die lug ingeskiet.
Video: Die slimste kraai
ʼn Kraai het op BBC Two se program, Inside the Animal Mind, ʼn ingewikkelde raaisel van agt stappe voltooi.
Video: Oorlog van die miere…
Twee onwelkome indringerspesies miere het die VSA gekies om hul oorlog vir dominansie te veg. Beide spesies, ‘n spesie malmiere en ‘n spesie vuur-miere, kom van Suid-Amerika af.
Resep: Slaphakskeentjies
Matrone van 7de Laan se resep om “Slaphakskeentjies” te maak
“Zuma se staatsrede net sake-soos-gewoonlik” – Solidariteit
Pres. Jacob Zuma het in sy staatsrede groot gewag gemaak van die projekte wat die staat met belastingbetalers se geld voltooi het. Solidariteit is egter van mening dat talle van hierdie projekte veel meer doeltreffend en goedkoper deur mededingende privaat inisiatiewe afgehandel kon word.
Dwelmverwysing op muur van antieke skool
Argeoloë het ‘n verwysing na dwelmgebruik op die mure van ‘n antieke Egiptiese skool van sowat 1 700 jaar gelede gekry – maar dit was klaarblyklik deel van die leerplan.
Boek-uittreksel: Bygelowe oor Valentynsdag en trouplanne
Bygelowe oor Valentynsdag en ander trouplanne
Gedig: Kabouterliefde
Ingrid Jonker se gedig, Kabouterliefde, om vir elke leser ‘n heerlike Valentynsdag toe te wens.