‘n Leerling aan Hoërskool Boksburg se ouer eis antwoorde van die skoolbeheerliggaam en die polisie ná vermeende onvanpaste liggaamsondersoeke glo plaasgevind het, berig EWN.
Beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Ekurhuleni-metropolisie het dié skool aan die Oos-Rand glo Dinsdagoggend besoek. Die ouer het aan EWN gesê onvanpaste metodes is gebruik om dosyne skooldogters voor onderwysers en skoolseuns te deursoek.
Een dogter het glo ‘n boodskap aan haar ma gestuur dat sy ‘n ongemaklike ervaring by die skool gehad het en die ma het verder ondersoek ingestel, berig EWN. “Sy het gesê haar borste en boude is gegryp en sy is deursoek,” het die ouer gesê. Die polisie het glo nie die leerlinge in kennis gestel wat tydens die soektog gaan gebeur nie.
“Die meisies het aan een kant van die klaskamer gestaan en alles het voor seuns plaasgevind. Wanneer ‘n dogter deursoek is, is sy uit die klaskamer gestuur,” het die ouer aan EWN verduidelik.
Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, trek die bewering in twyfel en sê dat die skooldogters afsonderlik van die seuns deursoek is. Hy doen ‘n beroep op die ma om die saak by die stasiebevelvoerder in Boksburg of skoolhoof aan te meld vir verdere ondersoek.
So dankbaar hierdie dinge het nie in my tyd plaasgevind nie. Sigarette, drank, dwelmmiddels was nooit ‘n probleem nie. Moet ook byvoeg, ek was in ‘n Meisies-koshuis.
Trip ons het gerook dat die biesies brand. Sigarette in die das se dun kant opgedruk om weg te steek. Ek was in ‘n gemengde skool en koshuis, het daardie dae nie een meisie gesien rook nie, vandag is dit ‘n algemene gesig. Wys net hoe tyd en waardes verander het.
Hmm … Trippie, ek het altyd gewens ek was in ‘n meisies koshuis, ek het altyd sulke stoute stories gehoor !
Sit die goed op blou vitrioel. Dalk help dit vir die origheid!
Orige goed …. voel voel en berei heeldag mentally voor … tot die kind hiuis toe loop, dan word sy verkrag ! As hulle drugs soek kan hulle mos honde gebruik !!!!
Die arrogante varke! Dis mos vernerderend vir die meisies en kom neer op onsedelike betasting! Mog dai mense wat so vulger optree se hande afvrot!
Dis pateties verby man. N dame moet gefisunteur word deur n vroue polisiebeampte apart van mans of seuns. Hulle het hierdie een gedop. Die ouers moet hul vasvat.
My dogter het na hierdie geluister terwyl dit op die radio was en haar woorde was aan my : mamma hul soek net ‘n verskononing om nie gevang te word nie! Ek was deur dieselfde ondersoeke wat hul was maar dit het my nie gepla nie, want ek het niks om weg te steek nie! Sy was gelukkig deur ‘n vrou ondersoek wat versoek is deur ons!
We’ll mense in ons dae het ons nie al die versoekings gehad nie. Ons moet ook dink vandag se jongmense gebruik baie delms en is dit noodsaaklik dat hulle ondersoek moet word maar op n eerbare manier ook die seuns. My kind het delms gebruik en ons het eers na tweejaar uitgevind. Hy was altyd voorbeeldig in huis en dit kom as n skok.
Ek verstaan en stem saam… maar hoekom fisies “voel” as ‘n hond dit kan uitruik ?
Pieter ek stem met jou saam. Die kinders van vandag word van laerskool af blootgestel aan die euwel met verkopers wat onder hulle rondloop. Ja daar moet klopjagte op hulle gehou word, beslis!!! maar ek vind dit moeilik om te sluk dat die onderwysers sou toelaat dat dogters betas word voor seuns en onderwysers wat onder hulle toesig is. Ek dink hulle sal heeltemal te bang wees vir die gevolge soos wat nou gebeur! Miskien is dit tog dat die jonge juffrou iets gehad het om weg te steek of voorbrand gemaak het dat die deursoekery afgelas moet word vir altyd? Ek sê nie ek is reg nie maar êrens in my vergroeisel bo my skouers klink die ding nie te lekker nie?
As daar ‘n klomp dwelmhandelaars en slawe in die skool is, moet daar maar opgetree word, moet die hond nou sy neus in meisie se broekie opdruk, ag nee man , dit is mos nou reg as vroue die ondersoek werk by die meisies doen, ek glo wat die dogter gese het is waar die klaers is skuldig of het iets om weg te steek. Moenie die gereg afkraak as hul die onskuldige kinders beskerm nie.Reg is reg en verkeerd is nie reg nie. Ek wil beslis nie he my kind moet tussen ‘n klomp dwelm gemors op skool wees nie. Die polisie moet asb gereeld toeslaan.
Ja nee dis regtig waar Maggie!
Mense kry asseblief julle feite reg!!!
Daar is nie ‘n skool met die naam Hoerskool Boksburg nie!!!
Eish, Sarie maak die skool se naam nou so ‘n verskil. Dit gaan op die manier waarop meisies ondersoek word. Probeer tog hier op Maroela die berigte verstaan en dink voordat jy iets seg.
Hallo Sarie
Sarie …. in Boksburg kan enige iets gebeur! Tot skool name kan oornag verander :-)
vertaal asb Boksburg High School vir my na Afrikaans ???
Ek was nog op skool toe ondersoeke al uitgevoer is, die polisie het nie ‘n hand op ons gelê nie. Daar was honde wat die drugs uitgesoek het.
@Waaksaam, jy is reg. Boksburg High bly Boksburg High, al word die berig in Afrikaans geskryf.
Yip … dan weet almal presies van wie daar gepraat word… in die geval sou ek se dit is common sense ?