Snelweg-rowers aangekeer

Die polisie in Noordwes het Vrydag drie mans in hegtenis geneem wat vermoedelik sedert Januarie vanjaar ongelukke op die N4-snelweg veroorsaak het deur groot klippe op dié pad te pak.

Volgens die polisie is een van die verdagtes by die Leeupark in Muldersdrift aangekeer en nog twee op Majakaneng naby Brits. Die polisie het ook beslag gelê op goedere wat die verdagtes vermoedelik van die slagoffers geroof het.

Die verdagtes het glo klippe gebruik om die pad te versper sodat voertuie daarteen bots en van die pad moes aftrek. Na wat verneem word, het hulle dan van die slagoffers verkrag, gemartel en van hulle geld en waardevolle items beroof. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde goedere, roof en verkragting.

Intussen het die polisie ʼn beroep op motoriste gedoen wat deur dié rooftogte geraak is, om hul besittings by die Brits-polisie te gaan uitken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.