
Thinus Uitenweerde wat Sondag op sy plaas naby Reitz in die Vrystaat vermoor is. Foto: Andre Kapp/Facebook
Die 55-jarige boer van Reitz in die Vrystaat se liggaam is Maandagoggend in ʼn vlak graf gekry nadat hy, sy vrou en ma Sondag op hulle plaas aangeval is. Magriet Uitenweerde en haar skoonma, Bella, is vasgebind en aangerand. Bella is ook deur die twee vermeende moordenaars verkrag. Die plaaslike landdros het vroeër in ‘n voorlopige ondersoek agter geslote deure bevind dat die twee vermeende jeugdige moordenaars strafregtelik aanspreeklik vir hul beweerde dade is. Die verdagtes is onderskeidelik 16 en 17 jaar oud. Hulle moet in September in die kinderstrafhof in Bethlehem verskyn. Henri Uitenweerde het ‘n dag na die moord die volgende op sy Facebook-blad geskryf: “Ek weet nie hoe om te voel, of hoe om dit te verwerk nie. My pa het niemand enigiets aan gedoen nie.”