“Sondagverkragter” hoor dalk vandag sy lot

Johannes Jacobus Steyn, die "Sondagverkragter"

Die sogenaamde “Sondagverkragter” sal na verwagting vandag in die Palm Ridge-hooggeregshof, in die Oos-Rand, hoor of hy skuldig is aan die 37 aanklagte teen hom.

Johannes Jacobus Steyn staan tereg op twee aanklagte van moord, 11 van verkragting, 10 van seksuele aanranding, 10 van ontvoering en ‘n aanklag van poging tot ontvoering. Hy het onskuldig op al die aanklagte gepleit. Steyn word aangekla van die moord op Louise de Waal (17) en Lazanne Farmer (14). Farmer en ’n 16-jarige vriendin is Sondag 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is glo hierna in ’n beboste gebied verkrag. Steyn se jongste slagoffers was glo twee 11-jariges.

De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ʼn vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ʼn verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee. Die Sondagverkragter word ook verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.