ʼn Man is Dinsdag in die Scottburgh-landdroshof in KwaZulu-Natal ʼn boete van R25 000 opgelê nadat hy verlede maand teen amper dubbel die wettige spoedgrens vasgetrek is.
Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse padvervoerinspektoraat, sê Musa Nene is op 29 September op die N2 naby Scottburgh teen ʼn spoed van 212km/h vasgetrek. Mngomezulu sê Nene se bestuurslisensie is ook vir ses maande opgeskort. Willies Mchunu, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, het Nene se vonnis verwelkom.