Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê Staggie se dagparool sal van 17 Maart tot 17 September geld. Wolela sê Staggie se dagparool gaan gepaard met streng voorwaardes wat onder meer insluit deeglike toesig en geen kontak met bendelede en slagoffers nie. Wolela sê Staggie sal van 18 September af op volle parool vrygelaat word. Staggie is op 23 September op dagparool vrygelaat maar dit is in Desember teruggetrek nadat hy glo sy paroolvoorwaardes oortree het.
Staggie is in 2003 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van ontvoering en verkragting. In 2004 is hy tot 13 jaar tronkstraf gevonnis weens wapendiefstal. Die vonnisse is gelyklopend uitgedien en hy het 11 jaar tronkstraf uitgedien voor hy die eerste keer op dagparool vrygelaat is.
Lees ook:
Staggie sy parool kwyt
Staggie: Van geharde bendeleier tot skoonmaker
By vorige berigte oor Staggie het ek gesê: Hou hierdie spasie dop.