Tuis ná 18 jaar in ‘n Thai-tronk

Shani Krebs tóé en nóú Foto: EWN

Shani Krebs, die man wat 18 jaar gelede tot tronkstraf gevonnis vir dwelmsmokkel in Thailand, het uiteindelik Saterdag in Suid-Afrika geland.

EWN berig die Krebs-gesin het vir 18 jaar lank aanhou baklei om hul broer en seun uit die tronk vry te laat nadat hy in April 1994 in hegtenis geneem is. Krebs (52) sê hy probeer steeds besef dat hy huis toe gekom het. “Ek het die hele week nie geslaap nie… Ek was baie senuweeagtig en my maag het gedraai,” het Krebs gesê. Hy sê hy is “uiters opgewonde” om terug te wees. Krebs is oorspronklik tot 100 jaar tronkstraf in ʼn Thai-tronk gevonnis nadat hy skuldig gepleit het dat hy heroïen uit Thailand probeer smokkel het. Hy het in Desember 2011 amnestie ontvang. Volgens Krebs sal hy die volgende paar dae spandeer deur saam sy geliefdes te kuier en warm te bad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae