Vier studente van TUT is beseer nadat ‘n bakkie in Nelspruit hulle Donderdagmiddag glo omgery het.
“Die vier studente het in Madibaweg in Nelspruit gelê en die bakkie het ‘n paar meter van hulle af gestaan,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. Die drie vroue studente, van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) is glo almal in hul vroeë 20s. Paramedici het die pasiënte vir nek- en rugbeserings en snye en skrape behandel. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Rob Ferreira-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Die plaaslike owerhede sal die oorsaak van die ongeluk verder ondersoek.