Twee broers is Woensdag in hegtenis geneem vir die moord op ‘n 67-jarige man.
“Khethaphi Gumede is Woensdagoggend aangerand nadat hy die twee broers se ma besoek het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Na bewering was Gumede in ‘n liefdesverhouding met hul ma betrokke.” Hy het kop- en beenbeserings opgedoen en het op die toneel aan sy beserings beswyk.
Genade, wat word van ons land? Dis moord verkragrting moord en nogmaals moord! Ek begin wonder of dit regtig die moeite werd is om nog in die land te woon. Waar is die hartlike warm Suid Afrikaners met hul skoon, warm land van sonskyn? Die donker wolke van geweld maak my skoon naar!!!!
Ek kan maar net jou vraag herhaal: Wat gaan met ons land aan? Die ou satan is behoorlik losgelaat op hierdie pragtige eens veilige land van ons.