Twee seuns van Krugersdorp aan die Wesrand wat sedert Sondag vermis word, is gevind.
Hulle was vermis sedert hulle Sondag 31 Julie laas by ʼn huis in Kenmare gesien is. Missing Children SA berig dat Shaun Wessels (15) en Eon van Zijl (17) omstreeds 16:00 Sondagmiddag laas by Shaun se huis in Kenmare gesien is. Daar is intussen deur ‘n opsporingstelsel bepaal dat hulle selfone in die Durban-omgewing in KwaZulu-Natal is. Die seuns het met ʼn grys Corsa bakkie gery ten tyde van hulle verdwyning. Die registrasienommer van die bakkie is XSZ092GP. Shaun het ʼn swart broek, swart baadjie, grys hemp en swart skoene aangehad ten tyde van sy verdwyning. Eon het ʼn denimbroek, swart baadjie en leer skoene aangehad. Missing Children SA sê in ‘n verklaring die twee seuns is gevind te danke aan flink polisiewerk deur die Krugersdorp polisie. Geen verdere besonderhede is in die stadium bekend nie.
Het hulle nog geleef of was hulle dood? Die storie is nie duidelik daaroor nie.
Haai Adriana
Hulle leef. Jammer as dit nie duidelik in die berig na vore kom nie. Groete