Twee sterf in huisbrand in Benoni

Twee mense is dood na hul huis in Benoni Saterdagaand afgebrand het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 sê die brand het reeds erg by die huis in Taystraat in Northmead, Benoni gewoed toe paramedici opdaag. Brandbestryders en reddingswerkers het hul bes probeer om die brand te blus, maar kon nie die twee mense in die huis red nie. Die man en vrou, wie se ouderdom nog nie bekend is nie, was in die huis vasgekeer en het beide in die brand omgekom. Paramedici en reddingswerkers kon niks meer vir die twee mense doen nadat dit veilig was om dit huis te betree nie, en is hulle dood verklaar.

Die plaaslike owerheid sal ook die moontlikheid van ʼn derde persoon in die huis ondersoek.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en sal ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.