Twee mans is in Yeoville, Johannesburg, aangekeer na ʼn renosterhoring in hul besit gevind is.
Die mans, onderskeidelik 53 en 57 jaar oud, is Sondagmiddag aangekeer na die polisie op ʼn wenk van die publiek reageer het. Die polisie het die mans op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om die horing op die hoek van Hopkins- en Kenmerestraat te slyp.
Die mans is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op die horing. Die renoster se karkas is op die toneel gevind. Die polisie het ook beslag gelê op horings van sewe ander diere, gereedskap, ʼn skaal en ʼn mes.
Die mans, albei uitlanders, sal na verwagting Dinsdag in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van renosterhoring.