Uitgejaag oor kortbroek, tatoes

Tim Flack. Foto: Twitter

Tim Flack. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) gaan die gelykheidshof nader nadat een van sy organiseerders Donderdag uit ʼn vergadering van die parlement se verdedigingsportefeuljekomitee geskop is oor hy ʼn kortbroek aangehad het en sy tatoeëermerke uitgesteek het.

Pikkie Greeff, hoofsekretaris van Sanwu, en Tim Flack, die organiseerder wat uitgeskop is, sê hulle het reeds hul prokureurs opdrag gegee om met stappe te begin teen die voorsitter van die komitee en die ANC-lede wat by die sitting teenwoordig was. Flack is Donderdagmiddag gevra om die sitting te verlaat nadat ANC-LP’s beswaar gemaak het omdat hy ʼn kortbroek, ʼn swart gholfhemp en plakkies aangehad het. ʼn Tatoeëermerk was op Flack se been sigbaar. Hlengiwe Mgabadeli, ANC-LP, het eerste beswaar aangeteken. “Hier is ons, gedissiplineerde lede van die publiek wat die massas verteenwoordig wat ons ingestem het…daar kom ʼn manlike kind in ʼn kortbroek met tatoes en sit daar….en ons eie kinders kan nie doen wat ek hier sien gebeur nie.” Sy en haar kollegas het gemeen Flack voldoen nie aan die parlement se kleredragkode nie. Die parlement het nie ʼn spesifieke kleredragkode vir lede van die publiek nie.

David Maynier, DA-LP, het tussenbeide probeer tree. “Die realiteit is dat die publiek vry is om vergaderings by te woon en ek dink nie dit is toepaslik vir ons komitee om ʼn lid van die publiek aan te val of kommentaar te lewer oor sy kleredrag nie.” Alpheus Maziya, waarnemende voorsitter van die komitee, het Flack gevra om die sitting te verlaat. “Ek het die reg om ʼn persoon te identifiseer en om my opinie te gee, wat die korrekte opinie is, en meer so indien dit ʼn lid van ʼn vakbond is wat weet dat die ʼn amptelike sitting van die parlement is en nie ʼn saamtrek nie.” Flack het na die tyd aan SAPA gesê die voorval is belaglik en ʼn absolute grap. “Ek is in kennis gestel van die vergadering en het op pad huis toe hierheen gekom. Ek verdien nie ʼn parlementêre salaris nie so ek kan nie net huis toe ry en my Gucci-pak gaan aantrek en dan terugkom parlement toe nie.” Die parlement het intussen gesê hy sal ondersoek instel na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Louis Havenga ·

‘n Guzzi-pak is defnitief nie nodig nie… maar respek is!…ek dink dit is net slapgatgeid om ‘n offisiele vergadering by te woon in kortbroek en plakkies! Tim, jy het geen verskoning nie!

Paul ·

Want ons almal weet dat ‘n mens se denkvermoë afhang van die klere wat hy dra… *sug*

Ver Van Ryn ·

offisiele? wat is dit? *amptelike*…Ja treur oor sy slapgatgeid, maar onthou: die ouer generasie het die land verkoop sodat hy vryheid kan beleef en kan maak soos hy wil. Soos gestel is daar geen kleredragkode vir die publiek nie, as ‘n wettige burger en deel van die publiek kan hy aantrek net wat hy wil.

Judge ·

Jy dra ‘n kortbroek en plakkies na ‘n visvang vergadering. Tim is ‘n voorbeeld van ons jongmense wat saam met ons land verval.

Paul ·

“I believe what really happens in history is this: the old man is always wrong; and the young people are always wrong about what is wrong with him. The practical form it takes is this: that, while the old man may stand by some stupid custom, the young man always attacks it with some theory that turns out to be equally stupid.”
GK Chesterton

Ver Van Ryn ·

En die verval het begin toe die ouer mense die land weg gegee het. Daar word vir die jongmense ‘n goeie voorbeeld gestel deur die ouer geslag: as die diewe klop, gaan lê op jou rug en gee als weg, blaf net so nou en dan as hulle vir die tv kyk.

Tim is eerder ‘n voorbeeld van die jongmense wat opbou, i.p.v. om met sy stert tussen sy bene weg te hol vat hy die wetters aan vir hul snert.

K@bous ·

Dis nie die “Ouer Mense” wat die land weg gegee het nie, maar een Bleskop Blixem…..Jy moet groot word ou seun.

Erich Goosen ·

Judge jy veralgemeen darem vreeslik. Hoekom nou net die jeug uitsonder vir die land se verval. Ek ken talle jongmense wat uiters verantwoordelik is.

Paul ·

Die vere maak nie die voël nie.
Die man is laat in kennis gestel van die vergadering, en het nie tyd gehad om huis toe te gaan om ander klere te gaan aantrek nie. Tas dit sy intellektuele vermoë aan as hy nie ‘n pak klere aan het nie?

Jasper ·

Eerbied en respek. Sonder dit is die voël nie eers sy vere werd nie.

Nienie ·

As die man op kort kennisgewing gevra was om die vergadering by te woon, het hy heel gepas daar opgedaag. Hy het nie nodig gehad om die vergadering op te kort kennisgewing by te woon. Die hele voorval moet in konteks gesien word. Wat v die donker dame wat `n yslike tatoe op haar byna heeltemal ontblote bors het? Maar in die swart kultuur is ontblote borste niks snaaks nie. In die wit kultuur is `n kortbroek, terwyl jy nie amptelik aan diens is nie, ook niks snaaks nie. Hierdie was `n venynige, rassistiese aanval, bedek met `n suikerlagie, dat dit nie parlementêre drag is nie.

Ver Van Ryn ·

“Ek het die reg om ʼn persoon te identifiseer en om my opinie te gee, wat die korrekte opinie is.” Klink vir my baie soos ‘n diktator…

Johan Viljoen ·

Sam, gaan eers terug skool toe voor jy kommentaar lewer. Ek se nie die drag was reg nie, maar as n swartman in n deurtrekker daar gesit het sou daar nie n haan na gekraai het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.