Vavi se aansoek uitgestel

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi

Numsa se aansoek om Zwelinzima Vavi, die hoofsekretaris van Cosatu, se skorsing op te skort is Dinsdag deur die Johannesburgse hooggeregshof uitgestel nadat ʼn aansoek deur opposisie-vakbonde om in te gryp, toegestaan is.

Craig Watt-Pringle, wat namens die opposisie-vakbonde in die hof opgetree het, het gesê daar is in die hof ooreengekom dat die aansoek onbepaald uitgestel word sodat die vakbonde beëdigde verklarings kan indien.

Numsa, en nog twee vakbonde voer aan dat die vergadering waar die besluit geneem is om Vavi te skors, ongrondwetlik was.

Sewe ander Cosatu-vakbonde staan dié aansoek saam met die bestuur van die vakbondfederasie teen. Cosatu word onder meer gesteun deur die NUM, Nehawu en Sadou.

“Die aansoek behoort 8 Oktober aangehoor word,” het Watt-Pringle gesê.

Dit wil voorkom of Vavi nie by Dinsdag se hofverrigtinge was nie.

Lees ook:
Nuuskommentaar: (Pik + Vavi) x (Marikana + Zuma) ?
Vavi met “spesiale verlof”
Vavi glo geskors
Nuuskommentaar: Knyp die kat in die donker
Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
Vavi afgepers in verkragting-skandaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.