ʼn Veiligheidsbeampte is dood nadat ʼn voertuig hom Maandagoggend in Pinetown raakgery het.
“Die beampte het omstreeks 06:00 oor die M13-snelweg gehardloop toe ʼn voertuig hom naby die St. Johns-brug getref het,” het Chris Banks, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die beampte het ernstige beserings opgedoen en was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die polisie ondersoek die voorval.