Johannes Kleinhans (74) sal na verwagting vandag sy lot hoor in die Parow-streekhof.
Kleinhans staan tereg op 94 aanklagte wat verband hou met seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie. Kleinhans word daarvan beskuldig dat hy drie meisies seksueel aangerand het en daarna naakfoto’s van hulle geneem het. Hy het glo vir twee van die meisies Christelike boeke gekoop nadat hy hulle afgeneem het.