Die Simms-gesin het Maandagmiddag verneem dat ʼn plaaslike inwoner die wrak in Mosambiek opgespoor het. Beide mans is op slag dood. Volgens die Facebook-groep, Bryan and Rob Simms, wag hulle steeds op positiewe identifikasie. “Die ondersteuning, hoop en liefde wat ons van julle almal gekry het, het ons deurgedra sedert die soektog op 28 Oktober begin het. Ons versoek dat julle die gesin se privaatheid in hierdie tyd sal respekteer,” het die blad aangekondig.
ʼn Roudiens sal Vrydag gehou word.
Bryan Simms en sy seun Robert word sedert Sondag 28 Oktober vermis nadat hulle vliegtuig by Lanseria-lughawe moes land. Die laaste kontak met die Beechcraft Baron-vliegtuig was terwyl dit oor Mosambiek se afgeleë noordwestelike gebied gevlieg het.
Dit hartseer van die vliegtuigongeluk is net bly die liggame is gekry nou kan familie asked neem . Bid vir hulle.
Dis baie hartseer. Maar dit sal die familie nou afsluiting gee en hulle kan behoorlik afskeid neem.
Baie sterkte vir die gesin in die tyd! Dis baie hartseer maar nou kan julle berusting vind en vrede maak.