Video: Boete ná hy op veld draf

ʼn Ethiopiese sokkerondersteuner is Maandag ʼn boete opgelê in die Nelspruit-landdroshof nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is toe hy op veld gehardloop het tydens ʼn Afrikabeker-toernooi (Afcon) wedstryd.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê Cherea Ablmenjine Regassa (35) het skuld erken op die aanklagte teen hom en is ʼn boete van R1 500 opgelê. Regassa het Vrydagaand tydens die wedstryd tussen Ethiopië en Burkina Faso op die veld gehardloop voor hy deur veiligheidswagte van die veld af gelei is en in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.