Video: Lance speel oop kaarte

Armstrong en Winfrey tydens die onderhoud. Foto: Twitter

Die fietsryer Lance Armstrong het tydens ʼn onlangse onderhoud met die kletskoningin Oprah Winfrey erken dat hy dwelms gebruik het.

“Ek het my keuses gemaak. Dit was my fout,” het Armstrong aan Winfrey gesê, in sy eerste onderhoud nadat hy lewenslank uit die sport verban en van sy titels gestroop is. Die gebruiker Multisocerhighlight het ʼn gedeelte van dié onderhoud op Youtube gelaai. Die eerste deel van Winfrey se onderhoud met Armstrong word Vrydagaand om 19:30 op TLC (kanaal 172) op DSTV uitgesaai. Die tweede deel word Saterdagaand op dieselfde kanaal en om dieselfde tyd uitgesaai.

http://youtu.be/09p1IpvCau4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae