Vier mense word vermis nadat ʼn erge donderstorm Maandagaand veroorsaak het dat die uThukele-rivier in KwaZulu-Natal sy walle oorstroom het.
Die storm het omstreeks 18:00 in die Msinga-gebied uitgebreek. Die vier word vermis nadat huise in die gebied deur die rivierwater oorvloed is.
LUR Nomusa Dube het rampbestuurspanne na die gebied gestuur om die inwoners by te staan. Die omvang van die skade is nog nie bepaal nie.