Altesaam 19 mense is dood nadat ʼn passasiersvliegtuig Vrydag neergestort het.
Die vliegramp het naby die Kathmandu-lughawe in Nepal plaasgevind. Volgens die polisie in Nepal het ʼn Sita Air-vliegtuig, kort nadat dit opgestyg het, neergestort. Die vliegtuig was na Lukla onderweg en het glo ʼn voël getref waarna dit aan die brand geslaan het. Die vliegtuig het naby ʼn rivier neergestort.