Vragmotor jaag in stilstaande motors vas

‘n Vragmotor het Vrydag in sewe stilstaande motors in Upper Walestraat, Kaapstad, vasgejaag.

Volgens verkeersbeamptes het die vragmotor se remme nie gewerk nie, berig EWN. Niemand is ernstig beseer in die ongeluk nie. Merle Lourens, woordvoerder vir die departement van verkeer in Kaapstad, sê beamptes is steeds op die toneel. “Die passassier in die vragmotor het geringe beserings opgedoen,” het Lourens gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.