ʼn Vrou is dood en 16 mense, waaronder 15 kinders, is Saterdag beseer toe ʼn bakkie op die M13 in Kloof naby Durban gerol het.
Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911, sê die bakkie het 15 kinders tussen 7 en 16 jaar oud vervoer toe die bestuurder naby die Everton-afrit beheer oor die bakkie verloor het. ʼn Vrou is op die toneel dood en ʼn man wat ernstig beseer is, is per helikopter na die Albert Luthuli-hospitaal geneem. Die kinders is na verskeie hospitale in die gebied geneem.