Vrou se liggaam halfnaak in Northam opgespoor

ʼn Vrou se halfnaakte liggaam is in ʼn rivier naby Northam in Noordwes opgespoor.

“Tieners wat visgevang het, het Maandagoggend op haar liggaam afgekom,” het sersant Philani Nkwalase, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Sy het slegs ʼn donkerblou blommetjiesbloes aangehad en haar bene en arms is met ʼn plastiektou vasgebind,” het hy gesê.

Die vrou, vermoedelik tussen 25 en 30 jaar oud, is verkrag en verwurg voordat haar liggaam vroeg Maandagoggend in die rivier gegooi is.

Volgens Nkwalase het die vrou ʼn ligte vel en swart, skouerlengte haarverlengstukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.