Vrou se ontbinde lyk gevind

Die gedeeltelik ontbinde lyk van ʼn 65-jarige vrou is Maandag by haar huis in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal gevind.

Col. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn huiswerker het die polisie in kennis gestel nadat sy agterdogtig geraak het. “Toe die polisie die huis in Scottsville binnegegaan het, het hulle gesien die huis is omgekeer.” Naicker sê ʼn bloedspoor het die polisie van die kombuis na die agterkant van die huis gelei waar die grufonds gemaak is. “Die oorledene het oop wonde aan haar kop gehad wat vermoedelik met ʼn skerp voorwerp toegedien is.” Die huiswerker het aan die polisie gesê dat sy die vrou op 9 September laas gesien het. Naicker sê diegene wat verantwoordelik is vir die moord het moontlik toegang tot die huis verkry waarna ʼn struweling uitgebreek het en die vrou vermoor is. Meubels, elektroniese toerusting en die vrou se motor word vermis. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.