ʼn Vrou van Gauteng is voor haar tienerseuns verkrag en ʼn bejaarde paartjie is beroof by ʼn vakansieoord in Richards Bay in KwaZulu-Natal.
The Witness berig dat die 38-jarige vrou, haar tienerseuns en vriende van hulle, aangeval is kort nadat hulle by Meerensee aangekom het vir ʼn vakansie. Hulle het kort na 21:00 Maandagaand by die vakansieoord aangekom van Vanderbijlpark. Vier mans het hulle na bewering oorval en die vrou verkrag. Nadat hulle die woonstel glo omgekeer het, is hulle na nog ʼn woonstel by dieselfde vakansieoord waar hulle ʼn bejaarde paartjie vasgemaak en beroof het. Die mans het glo gedreig om die bejaarde vrou ook te verkrag. Die vier mans het hierna die vrou wat hulle vroeër verkrag het en die vier tieners in die bejaarde egpaar se woonstel ingedwing waar almal vasgebind is. Die mans het met ʼn BMW X5 gevlug. Die motor is intussen teruggevind. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.