Vroue vas ná kleuters sterf tydens “duiwelsuitdrywingseremonie”

Zakieya Latrice Avery, die ma van die kinders Foto: Montgomery County-polisie via NY Daily News

Zakieya Latrice Avery, die ma van die kinders Foto: Montgomery County-polisie via NY Daily News

ʼn Tweede vrou is in hegtenis geneem nadat twee jong kinders glo tydens ʼn beweerde duiwelsuitdrywingseremonie gesterf het.

Die polisie in Germantown, Maryland in Amerika, het die 21-jarige Monifa Denise Sanford Saterdagmiddag in hegtenis geneem nadat sy glo uit die hospitaal ontslaan is, berig WPTV Channel 5. Sanford is Vrydagoggend tydens ʼn gewelddadige voorval beseer. Twee kinders het gesterf en twee ander kinders is beseer.

Sanford staar twee aanklagte van moord en twee aanklagte van poging tot moord in die gesig. Sy word sonder borgtog aangehou.

Zakieya Latrice Avery (28), van Germantown, is vroeër in hegtenis geneem op dieselfde aanklagte. Avery is die twee slagoffers, onderskeidelik 1 en 2 jaar oud, se ma. Die twee kleuters is glo verskeie kere met ‘n mes gesteek. Twee ander kinders, onderskeidelik 5 en 8 jaar oud, word steeds in die hospitaal behandel.

Avery en Sanford wou glo duiwels uitdryf. Die polisie het nog nie verdere besonderhede bekend gemaak nie. Die ondersoek duur voort.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Liewe loven – hierdie gesig laat my aan die duiwel dink …

Vlekkie ·

Om selfs te dink dat ‘n kind ‘n demoniese mag in hom kan he, is on-Bybels. Jesus het gese aan sulkes behoort die Koningkryk van die Hemele. ‘n Kind wat nog nie die verskil tussen reg en verkeerd ken nie, kan nie deur ‘n demoon ‘beset’ wees nie. As daai kind sterf, gaan hy of sy reguit Hemel toe. So ek moet ook se – Goeie genade wat is fout met hierdie mensdom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.