ʼn Vuurdanser het oor die naweek tydens ʼn optrede by ʼn partytjie in Knysna homself aan die brand gesteek.
Die man, in sy laat 30s, het Saterdagaand by ʼn partytjie in die Buffelsbaai-karavaanpark opgetree, toe hy per ongeluk homself aan die brand gesteek het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in ʼn verklaring gesê.
Die man het eerste- en tweedegraadse brandwonde aan sy kop opgedoen en is in ʼn ernstige maar stabiele toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.
As jy speel met vuur moet jy verwag om “vlam te vat” !