117 liggame spoel uit op strand

Vlugtelinge se liggame het op die strand in Libië uitgespoel (Junie 2016) Foto: MOHAME BEN KHALIFA / EPA

Vlugtelinge se liggame het op die strand in Libië uitgespoel (Junie 2016) Foto: MOHAME BEN KHALIFA / EPA

Altesaam 117 liggame, hoofsaaklik vroue, het op ʼn strand in Libië uitgespoel, het beamptes Vrydag gesê.

Die Libiese Red Crescent het gesê “ʼn groot aantal” van die liggame is deur die golwe op die strand in Zuwara uitgespoel. Libiese werkers het die vlugtelinge se liggame, 75 vroue, 36 mans en ses kinders, verwyder. Die soek- en reddingsoperasie duur voort.

Dit is nog nie duidelik op watter skeepswrak of omgeslane skip die persone was nie. Daar was verskeie voorvalle die afgelope paar dae.

Reddingsbeamptes in Griekeland het 340 persone van ʼn omgeslane boot in die suide van Kreta gered. Vier persone was reeds dood.

Dit is egter nie duidelik hoeveel persone aan boord die skip was nie, en media in Griekeland voer aan dit kon tot 700 persone wees. Dit beteken dat 360 persone vermis word. Die skip was vermoedelik van Egipte na Italië onderweg.

Volgens die Kretense kuswag word meeste van die 241 migrante na Italië geneem nadat ʼn vragskip hulle opgelaai het. Ander is op vaartuie onderweg na Egipte, Malta en Turkye.

Dié sterftes verhoog die dodetal van verlede week. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) het minstens 1 083 migrante tussen 25 en 30 Mei in die Middellandse See verdwyn of verdrink.

Voglens IOM het minstens 205 509 persone reeds die Middellandse See oorgesteek sedert die begin van 2016 en 2 443 migrante het verdwyn of het gesterf, insluitend die 1 083 van die 25 tot 30 Mei-periode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

gatiep ·

Dit is erg wat die weste gedoen het aan daai mense land en waarmee hulle besig is in ons land.
Binnekort gaan ons ook so op bootjies rond dryf in die see waarheen weet ek nie want ons is nerens welkom in die wereld nie.

Joann ·

Gatiep my God sal dit nie toe laat nie. Dit is vreeslik maar daar moet ander rede en waarheid wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.