ʼn Vroueregtegroep het Vrydag ʼn petisie aan die Kommissie op Geregtelike Prestasie oorhandig om ʼn regter te verwyder ná hy ʼn “ligte tronkstraf” opgelê het vir ʼn veroordeelde verkragter.
Regter Aaron Persky het Brock Turner, ʼn voormalige Stanford University-atleet, tot ses maande tronkstraf gevonnis. Die regter het aangevoer ʼn langer tronkstraf sal Turner se toekoms benadeel.
Die vroueregtegroep, UltraViolet, het 1,2 miljoen handtekeninge ingesamel toe dit na die kommissie se kantoor in San Francisco gestuur is. Die petisie is hoofsaaklik ʼn simboliese gebaar, aangesien dit ongehoord is dat ʼn regter op só manier verwyder sal word.
Persky is wyd veroordeel vir sy vonnis wat volgens kritici en aktiviste “heeltemal te lig is”.
Turner het die bewustelose vrou seksueel aangerand.
Staatsaanklaers het versoek dat Turner minstens tot ses jaar tronkstraf gevonnis moet word.
Gevangenes dien gewoonlik net 50% van hul vonnisse uit indien hulle goeie gedrag toon en Turner kan dus moontlik binne drie maande weer vrygelaat word. Hy word in afsondering van ander gevangenes gehou, volgens standaardpraktyk vir hoëprofielgevangenes wat moontlik geteiken kan word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Klaar a probleem vir samelewing
WELKOM in die VSA! Hoop net nie iemand in die SA regsstelsel “kry idees” nie…
Dit is skrikwekkend dat die skuldige se “toekoms” benadeel sal word…
Dis die KRIMINEEL se PLIG om aan sy toekoms te dink – VOOR HY DIE DAAD PLEEG, nie die regstelsel se plig/doel nie!!
Soos ek hier verstaan, is die uitspraak jn GUNS van die KRIMINEEL, want hy het ‘n toekoms….toekoms om WEER n daad te pleeg, en dan dalk is die verskoning “sy oudag/aftreetyd” kan benadeel word. #SêMaarNet #USALaw
Hierdie is ‘n baie groot storie in Amerika. Die klein vloeksteen het ‘n onskuldige meisie liederlik verkrag. Wat hy aan haar gedoen het is walglik. Ek wens verkragters wil net vir een oomblik ervaar waardeur hulle hul slagoffers laat ly. Daar is iets binne jou wat doodgaan. Jy kom nooit daaroor nie.
VSA se Oskar Pistorius tipe saak.
En in SA word daar elke 4 min iemand verskrag …wow 2 werelde ne