Die sangeres Christina Grimmie is oorlede ná ʼn aanhanger haar drie keer geskiet het terwyl sy handtekeninge uitgedeel het, voor hy homself doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Saterdag 11 Junie 2016
1,2 miljoen handtekeninge ná ‘ligte tronkstraf’ vir verkragter
ʼn Vroueregtegroep het Vrydag ʼn petisie aan die Kommissie op Geregtelike Prestasie oorhandig om ʼn regter te verwyder ná hy ʼn “ligte tronkstraf” opgelê het vir ʼn veroordeelde verkragter.
Vrou kritiek ná huishoudelike geweld
ʼn Vrou, glo in haar laat 20’s, veg om haar lewe in ʼn hospitaal ná ʼn voorval van huishoudelike geweld, Vrydagmiddag in Glen Anil, noord van Durban.
Goeie nuus: Jayvan op pad huis toe
Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is, is ontslaan uit die hospitaal ná ’n baie geslaagde operasie.
Negejarige sterf: Ma in hegtenis geneem
ʼn Negejarige meisie wat Vrydagoggend dood aangetref is in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark, se ma is in hegtenis geneem.
Quins-broederskap reik uit in nood … en vreug
Harlequin-klubs plaaslik en in die buiteland huiwer nie om die hand van broederskap in nood en vreugde na mekaar te reik nie.
Working on Fire vra verskoning; presidensie gryp in
Die organisasie Working on Fire het gesê hy is teleurgesteld dat ʼn loongeskil met Suid-Afrikaanse brandbestryders nie intern opgelos kon word voor dit ʼn “internasionale voorval” geword het nie.
Departement bevestig twee varkkoors-gevalle
Die departement van landbou, bosbou en visserye het Vrydag twee afsonderlike gevalle van Afrika-varkgriep in Suid-Afrika bevestig.
Ses Amcu-lede by Kroondal-myn geskors
Sibanye Gold het bevestig ses verteenwoordigers van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) is by Kroondal-myn naby Rustenburg, Noordwes, geskors hangende ʼn interne dissiplinêre ondersoek.
SWD-liga: Kus-kollig op Hungry Lions, Proteas
Die kollig in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Kusliga val Saterdag die skerpste op die wedstryd tussen Hungry Lions en Proteas in die Suidstreek.
Kwalata-grondbesetting: Motoriste versoek om pad te vermy
Vermeende grondbesetters naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria, het nog nie gehoor gegee aan ʼn tussentydse hofbevel wat Vrydag in die Gautengse hooggeregshof uitgereik is nie.
Griffons-Oosliga: nog `n klub onttrek
Nog `n klub het aan die liga van die Griffons se Oosstreek onttrek.
Gewapende rooftog by Shoprite in Randfontein
Twee gewapende rowers is Vrydag doodgeskiet nadat ʼn groep personeel en klante, waaronder kinders, in die Shoprite in Randfontein, Gauteng, aangehou en beroof het.
Lily-myn: Cosatu beplan optog; 900 werkers steeds sonder salaris
Die vakbond Solidariteit het Vrydag gesê die minister van minerale hulpbronne moet aan die 900 uitgelewerde werkers van die Lily-myn verduidelik hoekom hul lot nie as prioriteit gesien word nie.
Ondersoek duur voort ná man glo tiener doodry
William Taute (27), die man van Port Elizabeth wat glo twee jong meisies omgery het terwyl hy vermoedelik onder die invloed van alkohol was, se saak is Vrydag in die plaaslike landdroshof uitgestel.
Gedagte vir die dag: Die vrug van die Gees
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Galasiërs 5:22)