“Dit gaan goor. Ons is stukkend; verpletter. Ons het niks oor na dié jaar nie. Ek het alles verloor behalwe my geloof. In dié stadium weet ons nie of ons sink of swem nie. Wat ek wel hoop, is dat ons eendag hierna sal terugkyk met dankbaarheid dat die Here ons deurgedra het.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Jayvan Janse Van Rensburg"
‘Nou kan my seuntjie ʼn normale lewe hê’
Eers is haar man in Drie Riviere, Vereeniging, oorval, geskiet en later dood. Dít nadat die gesin skaars twee weke in dié nuwe huis was. Toe kom nóg slegte nuus: Haar seun is gediagnoseer met beenkanker. Met sewe kinders onder een dak en nét een salaris was Carin Janse van Rensburg telkemale raadop. Toe stel die dokters ʼn ultimatum: R1 miljoen vir ʼn operasie om sy lewe te red of sy moet afskeid neem.
Jayvan se eerste toetse ‘skoon’
“Dokters het gesê die femur en die omliggende weefsel is skoon en ons is baie dankbaar daarvoor. Jayvan se eerste vraag aan my was: ‘Mamma, het jy vir Liewe Jesus dankie gesê?’” het Carin vertel.
Goeie nuus: Jayvan op pad huis toe
Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is, is ontslaan uit die hospitaal ná ’n baie geslaagde operasie.
[Foto’s] Jayvan sterk aan ná operasie
Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is, sterk mooi aan ná ’n baie geslaagde operasie.
Hulp stroom in om Jayvan se been te red
Hulp stroom in vir Jayvan Janse van Rensburg van Vereeniging, die driejarige seuntjie wat met kanker gediagnoseer is etlike maande nadat sy pa in ʼn rooftog dood is.
Ma veg verwoed vir seun met kanker
Carin Janse van Rensburg van Vereeniging, wat verlede jaar haar man verloor het tydens ʼn rooftog en etlike maande later gehoor het haar driejarige seun het beenkanker, het vandeesweek gehoor sy moet binne 16 dae meer as ʼn halfmiljoen rand insamel sodat Jayvan nie sy been verloor nie.
Nóg ʼn terugslag vir Vereeniging-gesin
ʼn Gebroke ma wat byna vyf maande gelede afskeid moes neem van haar man wat wreed vermoor is, vra vir gebede nadat een van die egpaar se tweejarige tweelingseuns pas met beenkanker gediagnoseer is.