166 000 Twitterrekeninge opgeskort weens ekstremistiese inhoud

Argieffoto: Pixabay.com

Twitter het oorlog verklaar teen terroristiese inhoud op dié sosialemediaplatform met meer as 166 000 Twitterrekeninge wat in die tweede helfte van verlede jaar opgeskort is, het dié sosialemediamaatskappy Donderdag gesê.

Dít is omtrent ’n vyfde minder in vergelyking met die eerste helfte van die betrokke jaar.

Luidens ʼn verklaring het Twitter ʼn totaal van 166 153 rekeninge tussen Julie en Desember verlede jaar weens die bevordering van terrorisme opgeskort, wat ʼn afname van 19% toon in vergelyking met die 205 156 rekeninge wat in die voorafgaande ses maande opgeskort is.

Maatskappye soos Facebook, Google en Twitter is tans onder druk van regerings en owerhede wêreldwyd om ekstremistiese inhoud vinniger van platforms te verwyder om optrede ingevolge streng wetgewing te vermy.

Twitter het met die bekendmaking van sy jongste deursigtigheidsverslag gesê 91% van rekeninge met inhoud wat terrorisme bevorder, is op dié platform opgeskort.

Die meeste van hierdie rekeninge is reeds voor die eerste twiet opgeskort nadat data wat gebruik is om die spesifieke rekeninge te skep, dadelik rooi ligte laat flikker het.

Sinead McSweeney, Twitter se adjunkpresident vir openbare beleid, het gesê die aantal terroriste-organisasies wat probeer om van Twitter se diens gebruik te maak neem jaarliks af.

“Dit kan toegeskryf word aan ’n robuuste tegniese benadering wat ons oor baie jare verbeter het. Ons word bemoedig deur hierdie statistiek, maar sal waaksaam bly,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marthinus Willemse ·

Wat is `n terroris?
Het `n terroris reg op vryheid van spraak?

Is die leier van `n land wat sedert 1945 meer as 50 soewereine state ingeval, en meer as 30 leiers van soewereine state laat vermoor het, `n terroris? Of is Amerika die goedhartige diktator?
Is die mense wat in Gaza veg om hul grond terug te kry van `n staat (Israel) wat dit met wapens afgeneem het, terroriste?
Is `n man wat deur die CIA geskep, opgelei, befonds is, en teen Amerika se vyande veg, `n terroris?

Op WikiLeaks is `n CIA Red Cell, geheime dokument waarin hulle die kommer uitspreek dat die VSA gesien word as `n uitvoerder van terrorisme.

En nou is dit hoogheilige Amerikaanse dienste wat “terroriste en ekstremiste” afsny, terwyl Amerikaanse media en persone oorlog teen Venezuela, Rusland, China en ander lande bemark. Maar dis oukei, want hulle is die helde.

Kobus ·

ń Terroris is iemand wat meestal lede van die publiek met onwettige geweld teiken vir ń politieke doel. Pasop vir samesweringsteorië.

Liberaal ·

Dit wat die globale superrykes se agenda van om JULLE rykdom te vat nie baat nie word ook as terrorisme beskou. Daarom is ver linkse ekstreme groepe veilig, maar enigiets wat nie links is nie sal fyn dopgehou word….

Haan ·

“The choice for mankind lies between freedom and happiness and for the great bulk of mankind, happiness is better.”

Edwardo ·

Dis oulik. Nou wie besluit wat is reg en wat verkeerd? Soos dit vir my lyk is daar dan geen verskil tussen Twitter en die destydse Soviet Union nie.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Falsebook, Twatter, Youtard ….wie het hulle baas gemaak …en van wat ….ek maak nie van hulle gebruik nie..net soos ek nie van tuin-dienste gebruik maak om my tuin te vernietig nie..
.
Dis n vrye wêreld …….of is dit.
.
Wars…..and rumours of Wars.
.
.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.