18 dood, 189 beseer toe tenkwa in China ontplof

Brandbestryders op die toneel (13 Junie 2020) (Foto: Chinatopix via AP)

Minstens 18 persone is dood en sowat 189 beseer toe ʼn tenkwa Saterdag op ʼn deurpad in die suidooste van China ontplof het.

Die ontploffing het groot skade aan nabygeleë geboue aangerig. Een foto wys hoe brandbestryders laatnag nog ʼn rits geboue met water bespuit.

Die vragmotor het vloeibare gas vervoer en omstreeks 16:45 op die Shenyan-Haikou-deurpad, suid van Sjanghai in Zheijiang, ontplof, het die amptelike Xinhua-nuusagentskap berig.

ʼn Tweede ontploffing het gevolg toe die vragmotor op ʼn fabriekwerkswinkel geval het.

Die Wenling-regeringskantoor het op sosiale media gesê huise en werkswinkels het meegegee en minstens 189 persone ontvang behandeling by ses hospitale.

ʼn Werker by ʼn nabygeleë restaurant het aan Xinhua gesê die ontploffing het die ruite van haar huis laat bars, maar haar ma en broer is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.