Die akteur Rob Lowe het vandeesweek ʼn groep brandbestryders na sy huis genooi nadat hulle sy huis gered het van die verwoestende brande wat steeds in die suide van Kalifornië woed.
Lowe, veral bekend vir sy toneelspel in The West Wing en Parks and Recreation, het foto’s van die geleentheid op sy Instagram-rekening gelaai.
Hy het Maandag self die spaghetti en kaasburgers vir die Los Angeles-brandbestryders voorberei om hulle te bedank dat hulle sy huis gered het.
“Aandete vir nuwe vriende by ons huis,” het Lowe op Instagram geskryf. Hy het ook foto’s opgelaai van die brandbestryders in aksie en selfs een foto waar hy self ingespring en gehelp het.
Die Thomas-veldbrand, is tans die tweede grootste brand in die gebied sedert rekordhouding amptelik in 1932 begin het. Altesaam 270 000 hektaar is reeds verwoes en minstens twee persone is dood. Die grootste brand was die Cedar-veldbrand in 2003 naby San Diego toe 273 246 hektaar verwoes is en minstens 15 persone dood is.
Lowe is een van talle Hollywood-sterre met eiendomme in Montecito, Kalifornië. Oprah Winfrey en komediant Ellen DeGeneres het ook huise in dié gebied.
Die Thomas-brand het op 4 Desember begin en volgens owerhede kan dit moontlik nog tot in Januarie woed. Meer as 1 000 huise is verwoes en honderde ander beskadig. Die brand is tans meer as 50% onder beheer.
Ummmmmmmm ietsie vir die oog die Rob :-)
Baie gaaf van hom, maar liewe land, net kaasburgers en spaghetti? Hy kon darem rerig ‘n meer spoggerige ete voorgesit het …. :-)
mooi hart en mooi man
Baie gaaf van hom, maar liewe land, net kaasburgers en spaghetti? Hy kon darem rerig ‘n meer spoggerige ete voorgesit het …. :-)
Ans,
die manne werk nog (blus nog vure), hoe gaan hulle tyd kry vir ‘n aan-sit ete?
Ans is die tipiese Saffa, nooit tevrede met enige iets nie, iemand doen iets goed, dan word daar fout gevind.
So ‘n goeie gebaar se altyd iets goeds!
Ek is bly om te sien dat daar nog positiewe opmerkings gemaak word. Gee Lowe die eer wat hom toekom. Dis die gebaar wat saakmaak en nie wat hy vir die manne voorberei het nie.
Ons was in so ‘n geval waar daar ‘n veld brand om ons huis was en die mense op die plaas langs ons het kom help om vuur te blis. Ons het toe ook die mense genooi vir ete. Kan onthou die koek was ‘n treffer. Die een swart vrou het gese dat hulle nie aldag koek eet nie en elke jaar Desember kom sy en kom groet voor sy huis toe gaan en wens ons ‘n mooi kersfees en nuwe jaar toe.