Amnestie Internasionaal skort dienste in Zim op

zimbabwe

Argieffoto

Amnestie Internasionaal se raad het die Zimbabwiese tak van dié organisasie uit die globale beweging geskors nadat bewerings van finansiële ongerymdhede aan die lig gekom het.

Amnestie Internasionaal het Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin hy sê dat die beweging besluit het om Amnestie Internasionaal Zimbabwe (AIZ) se dienste op te skort “nadat ʼn uitgebreide forensiese oudit einde verlede jaar uitgevoer is”.

Luidens die verklaring het die oudit bewyse van bedrog en ernstige finansiële wanbestuur in dié tak ontbloot.

Die saak is by die polisie aangemeld en ’n regsproses is ook begin om van die verlore geld te probeer verhaal.

Amnestie Internasionaal onderneem in die verklaring om nou saam met die toepaslike owerhede te werk om te verseker dat enige persoon betrokke by die ongerymdhede aan die pen ry.

Die organisasie het gesê die buitengewone maatreëls teen Amnestie Internasionaal Zimbabwe is geneem om die reputasie, integriteit en werking van die beweging te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kind van afrika ·

‘n Regsproses om die verlore geld te probeer verhaal? Sterkte daarmee. Julle sal Afrika nog leer ken..

ne ·

Onbegonne taak! Kyk maar na SA – hulle is ALTYD ONSKULDIG! Ek wonder ook waar die miljarde heen is, want ons regstelsel is te langdradig om fondse te verhaal. Intussen skuif hulle die geld so rond dat jy 100 jaar nodig het om die spoor te kry.

Hanna Hoekom ·

Nou wag ons vir die “blame game” so alla Afrika. Natuurlik gaan dit iemand anders (lees: Weste) se skuld wees! Wens die buiteland wil Afrika een groot pit druk.

Rupert Ashford ·

Reputasie en integriteit….ne? Van Amnesty?????????

Koos wk ·

O ok…. het nie geweet Zim het nog geld oor in die land nie

Moppy ·

Ek moet se ek stem saam elkeen wat kommetaar gegee het presies in di kol daar’s ni iets wat ni di waarheid is ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.